Broeders in Christus is oorspronklik deur Pastoor Dirk Visser begin as ’n mannebediening, gebore uit ’n groot behoefte. Nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld het die man se rol in die huis, die werksplek, die gemeenskap en die kerk geleidelik afgewater. Die krag en invloed wat mans vroeër gedra het, is nie meer so sigbaar nie. Hierdie bediening roep mans terug na hul Godgegewe roeping – om lig, waarheid en broederskap te herstel en te leef.

In Lukas gee Jesus die volgende opdrag aan Petrus: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.” (Lukas 22:31-32)

In vandag se wêreld met soveel uitdagings, versoekinge en beproewinge, is dit die doel van Broeders in Christus – om, soos Jesus, vir mekaar te bid, mekaar by te staan en mekaar te versterk sodat ons geloof nie sal ophou nie, sodat ons weer mans kan terugroep om weer hul Godgegewe roeping in alle areas van die samelewing te leef.

Ons visie is om ’n gemeenskap van broeders te wees wat mekaar dra in geloof en gebed. Ons missie is om praktiese ondersteuning en geestelike versterking te bied, sodat elkeen kan volhard. Ons waardes is gewortel in geloof, gebed, liefde en broederskap. Ons glo dat niemand alleen hoef te staan nie – saam is ons sterker.

Ons nooi jou om deel te word van hierdie reis: om saam te bid, saam te groei en saam te staan.

“Twee is beter as een… want as die een val, kan die ander hom ophelp.” (Prediker 4:9-10)

Blok 1 inhoud

Dirk Visser
Groep-Leier

Blok 2 inhoud

Marius Koen
Mede-Leier

Blok 4 inhoud

Brandt Fourie
Admin, Finansies, Bemarking